Hardies se Bybelkennis tops

LEPHALALE — Die landswye BCVO-Bybelkenniskompetisie is onlangs in Modimolle (Nylstroom) gehou. Hardekool Akademie het verskeie spanne en individuele leerders ingeskryf vir dié finale ronde.
Die uitslae is as volg:
Marthinus Pretorius (gr 4) behaal ‘n tweede plek (silwer) vir individueel.
Neldri Ellis en Sanél van Zyl (gr 5) eindig as span in ‘n tweede plek en ontvang silwer.
WJ Ellis, Geraldine Kriel en Adrian Buhrmann, die Rigtersspan (gr 6) eindig in die derde plek en ontvang brons.
Wian Lewies, Erisa du Toit en Helgard Muller, die Verkennerspan (gr 6) word vir die tweede agtereenvolgende jaar as landswye wenners aangekondig – ‘n baie besondere prestasie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.