Helikopter bring groot verrassings

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die graad 12-leerders van Hoërskool Ellisras het Donderdagoggend 25 Mei ‘n groot verrassing gekry toe hulle uitnodigings vir vanjaar se matriekafskeid deur ‘n helikopter afgelewer is.
Al die leerders van die skool is rondom 10:00 versoek om na die rugbyvelde te gaan. Die leerders het nie heeltemal geweet wat om te verwag nie, maar kort voor lank het die helikopter oor die terrein begin sirkel. En daar klim twee “modelle” uit, naamlik Adriaan Briel en Marelize van Aswegen – spesiaal om die kaartjies af te lewer.
Voor die uitnodings uitgedeel is, het Louis Campbell, skoolhoof, eers die wenners aangekondig wat kaartjies verkoop het om fondse vir die matriekafskeid in te samel. Herman Swanepoel (graad 12) wen R1 000 omdat hy die heel meeste kaartjies verkoop het.
Die wenners van die pryse wat op die spel was, is PD Grobler wat die eerste prys, naamlik ‘n eksklusiewe vyfsterjag/wegbreeknaweek vir vier persone by Quagga Safaris wen. Dié prys is ‘n hele
R35 000 werd.
Natasha Kock wen die tweede prys, ‘n sewe dae vakansie in Mtunzini Forest Lodge in Kwazulu-Natal. Die waarde van dié prys is R10 200.
Na afloop van die prysuitdelings kon die leerders ‘n ekstra lang pouse gaan hou terwyl die matrieks agtergebly het om hulle uitnodigings in ontvangs te neem.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.