Help Claudine om ander te help

Claudine samel items in vir babas

LEPHALALE — Die 12-jarige Claudine Johnson van Lephalale wou lankal iets vir die gemeenskap doen.

Haar ouers het vir haar ’n slagspreuk ontwerp met die woorde: “Kinders met hoop/Children with hope” en Claudine het vandeesweek met haar eerste projek begin.

Sy maak pakkies met babaklere op vir nuwe mammas by die staatshospitaal en deurgangshuis. Enigiemand wat babaklere, doeke of toiletware wil skenk vir haar projek kan vir haar ma, Tanya, ’n WhatsApp stuur na 073 291 9956.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.