Help die DBV om diere te help

LEPHALALE — “Dankie aan die Lephalale-gemeenskap wat, ten spyte van moeilike ekonomiese omstandighede, steeds die DBV ondersteun,” sê Sarita du Plessis, voorsitter van Lephalale DBV.

Sarita sê sowat agt diere is die afgelope maand deur inwoners aangeneem. “Dit was ’n goeie maand.”

Hulle benodig tans kontantdonasies om al hulle verpligtinge na te kom soos om voertuigpaaiemente te betaal. Nog ’n behoefte is melk vir babakatjies en -hondjies (kitty and puppy milk) wat by veeartse beskikbaar is.

Enigiemand wat bereid is om die plaaslike DBV te help deur ’n kontantdonasie te maak, kan dit in die volgende rekening inbetaal:
SPCA Lephalale
Standard Bank tjekrekening
Rekeningnommer: 03 338 2425
Verwysing: Donasie
Skakel die DBV se kantoor by 079 398 6784 vir enige navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.