Help Melt se kans op lewe

Ria Wells
LEPHALALE — Die vyfjarige Melt Grobler is in 2013 gediagnoseer met AML Leukemia.
Hy het egter vanjaar ‘n terugslag gehad en benodig dringend ‘n beenmurgoorplanting wat nie deur die mediese fonds gedek word nie. Die koste daaraan verbonde is ‘n enorme R1 000 000. Fondse word dus dringend benodig om die prosedure uit te voer. Indien 100 000 mense elkeen net R10 skenk kan Melt gehelp word … elke druppel maak immers die emmer vol. Die familie bedank almal wat reeds ‘n bydrae gemaak het en is vol vertroue dat daar genoeg fondse ingesamel kan word om die klein vegtertjie se kans op lewe te bewaarheid.
Melt het baie familie in Lephalale, Vaalwater en Nylstroom en die familie doen ‘n beroep op lesers om asseblief ‘n bydrae te maak. Die trustfonds waarin geld betaal kan word is: Pelser Attorneys Trust, First National Bank Eldoraigne, takkode 250655 en rekeningnommer is 62490568816. Verwysing: Melti/CP0224.
Mogol Pos is in besit van ‘n gesertifiseerde brief van dr David Reyners van die Unitas Pediatriese Onkologie-afdeling wat Melt se toestand bevestig.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.