Hemelwater

Die Bosveld se mense juig oor die milde reën wat die afgelope naweek in groot dele van die streek geval het. Die grond was teen Sondag 19 Januarie op plekke so versadig dat die water nie meer weggesak het nie.

Volgens inligting ontvang loop die Tambotie-, Duiker-, Limpopo- en Matlabasrivier na dese sterk.

Die reën het wyd geval en reënvalsyfers soos aan Mogol Pos verskaf deur lede van die gemeenskap het daar in die Overysselarea tussen 95 en 140 mm geval en in die Koedoesrandgebied het daar op sommige plekke tot 150 mm reën geval.

’n Totaal van 75 mm reën het geval op plase in die Stockpoortomgewing en dele in Steenbokpan het tussen 60 en 100 mm reën gehad. Marken se boere het vanaf 35 mm reën gehad die dorp het tot 85 mm reën gehad.

Ten spyte van al die reën was die Mokolodam teen druktyd steeds net 59,7% vol.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.