Henoch dra pienk vir KANSA

Henoch is nie bang vir pienk nie

LEPHALALE – Henoch Blignaut skrik nie vir ʼn uitdaging nie. KANSA het Saterdag 23 Februarie ʼn stalletjie by Lephalale Square gehad tydens ʼn minimarkdag en soos altyd mense se hare in alle vrolike kleure gespuit of geskeer teen ʼn fooi.

Johnny Ferreira van JJH2O, ʼn nuwe waterwinkel in die sentrum wat in beheer van die musiek en die mikrofoon was, het mans wat die sentrum besoek het uitgedaag dat as een van hulle R1 000 vir KANSA kan invorder, die persoon die moed sal moet hê om ʼn pienk rok aan te trek en grimering te dra vir die res van die dag.

Donasies kon by Johnny by die aankondigersverhoog ingegee word. Henoch, ook van JJH20, het binne tien minute ʼn hele R1 050 ingesamel. Sy hare is toe afgeskeer en hy het vir die res van die dag in ʼn pragtige pienk rok die parkeerarea vol paradeer. Dit is sulke gebare wat KANSA geweldig baie help betreffende fondse en hulle is baie dankbaar daarvoor.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.