Hilux-taai

Tamboti Toyota personeel by die Hilux-uitstalling tydens verlede Saterdag se sportdag by Hoërskool Ellisras
Tamboti Toyota personeel by die Hilux-uitstalling tydens verlede Saterdag se sportdag by Hoërskool Ellisras

LEPHALALE – Tamboti Toyota het verlede Saterdag tydens Hoërskool Ellisras se sportdag teen Hans Strijdom hul nuutste Toyota Hilux-bakkies uitgestal en boonop kon sportgangers die geleentheid kry om hierdie opwindende voertuie te toetsbestuur.
Dié Hilux-reeks wat pas uit die stal gespring het en ‘n nuwe era van taai inlui, word beskryf as die mees hardwerkende bakkie van alle bakkies wat boonop hope rygenot verskaf. Pak dus enige uitdaging aan met luuksheid, stabiliteit, verbeterde brandstofverbruik, puik hantering en kontrole. Op die pad of van die pad af. Op gelyk grond of deur rowwe terrein. Teen opdraendes of deur afdraendes.
Dit is duidelik dat Hilux-liefhebbers hul passie vir avontuur voluit kan gaan uitleef. Dis opwindend. Jou hart gaan ‘n slag mis!
Kontak Tamboti Toyota by 014 763 2294 vir meer inligting oor die taai nuwe Hilux.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.