Hoë pryse op veiling

Hierdie swartwitpenskoei en verskalf is verkoop vir R95 000

THABAZIMBI — Thabazimbi Wildlife Services tesame met CDP Afslaers het verlede week nog ‘n suksesvolle veiling in Thabazimbi aangebied met 82 geregistreerde kopers.
Die veiling was gekenmerk deur die goeie gehalte bosveldwild wat aangebied was en kopers was gretig om te bie. Uitstaande trofeediere van verskeie spesies was beskikbaar en ‘n hele aantal koedoebulle met ‘n horinglengte van meer as 50’’ is aangebied. Die aanvraag na veral die trofeediere was groot en dit word weerspieël in die pryse behaal.
Die hoogste prys behaal was R95 000 vir ‘n swartwitpenskoei en verskalf.
Die totale omset van die veiling was R2 326 600.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.