Hoe vorder MCWAP-2?

Die omvangbepalingverslag (“scoping”) is in Maart 2018 by die Department van Omgewingsake ingedien vir oorweging. Hierdie departement het magtiging verleen dat daar voortgegaan kan word met die volgende fase van die Omgewingsimpaksbepaling (OIB) insluitende spesialis-studies.

Die volgende fase is die kwantifisering van die invloede en gekose opsie-konsep in die gepubliseerde Omgewingsimpakverslag wat tot 29 Oktober 2018 in die openbare domein beskikbaar is vir besigtiging en kommentaar.

Dit word dan by die Department van Omgewingsake ingedien vir oorweging van omgewingsmagtiging en daar sal daarna geleentheid wees om teen die besluit te apelleer. Indien ’n appèl(le) ontvang word, word stappe in werking gestel om aangaande sulke appèl(le) te besluit.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.