Hoërskool Ellisras

Virseker-wenners sê dankie

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se o. 16-rugbyspan het Saterdag 18 Augustus die Virsekerbeker-finaal op LC de Villiers-sportstadion in Pretoria gewen.

Hulle het die span van Hoërskool Piet Retief kafgedraf met ʼn wentelling van 27-10.

Drieë word gedruk deur JP van Staden, WP Vermeulen en Tokkie de Beer. Ruan Basson slaag met strafskoppe en doelskoppe (12 punte).

Dié span het in 2016 die Beeldtrofee-finaal gewen en volgens Rohan Besseling, afrigter, het hulle vandat hulle in graad 8 saam begin speel het, 44 uit 50 wedstryde gewen. Die Virsekerbeker-finaal was hulle 50ste wedstryd en dit is op hulle truie aangebring.

“Hulle het drie jaar lank baie hard hiervoor gewerk,” sê Besseling.

Adriaan Joubert, skoolhoof, sê hy is ongelooflik trots op die manne wat “soos ysters” gespeel het.

Die o. 15-span het die finaal verloor.

Die twee spanne en afrigters bedank almal wat hulle deurentyd ondersteun het – vriende van die skool, besighede, ouers, maats en onderwysers.

“Dis ongelooflik om te weet die dorp staan agter jou, wen of verloor.”

Die o. 16-span gaan Vrydag 24 Augustus vanaf 09:00 deur die dorp toer om die gemeenskap van Lephalale, wat hulle van harte ondersteun het, te bedank.

Wees op die uitkyk vir die manne wat blykbaar sal “toet” om te laat weet as hulle naby is.


2 Limpopo-gholfers in EHS

LEPHALALE — Gholfspelers Christian Young en Divan Geldenhuys van Hoërskool Ellisras het Vrydag 17 Augustus op die Legend-gholfbaan net buite Mokopane in die A-divisie deelgeneem en albei het Limpopokleure verwerf. Slegs agt hoërskoolspelers word gekies vir Limpopo.

Hendri Reynecke het ʼn tweede plek in die C-divisie behaal en R300 gewen.


Rassieraad 2019 aangekondig

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se Rassieraad vir 2019 is pas aangekondig. Baie geluk aan: Hazel Buthane, Annerijke Diplock, Menno Glas, Henrico Gouws, Rianza Gouws, Jarred Grovers, Stefanie Heystek, Clarise Kritzinger, Ikho Kweba, Bangi Leola, Pabalelo Makgamatha, Adam Modise, Gopolang Mokgotu, Tumelo Ngoepe, Nico Oosthuizen, Conrad Prinsloo, Terrence Ramaroka, Stefan Scholz, Nico Snyman, Niel Steenkamp, Dimakatso Thulare, Mahudi Tselana, Leandri van Deventer, Steven Verwey, Dionnè Viviers, Joey Vorster, Safdar Williams en Christiaan Young.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.