Hoërskool Ellisras

Vlugvoetig by Valentynsbal

Tahlita Rossouw en Kyle McDonald sê die Valentynsbal was die beste!

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se leerders het Donderdagaand 15 Februarie ʼn heerlike Valentynsbal bygewoon wat deur die skool aangebied is en die leerders het gewys hoe vlugvoetig hulle is op die dansbaan.

Die saal was versier met pastelkleurige organza en vlaggies met bossies blare en linte en het die omgewing in ʼn lushof omskep.

Die kinders kon weglê aan geurige maalvleiswraps, ʼn slaai en avokado, bedien saam met yskoue vrugtesap.

Die leerders wat die bal bygewoon het meen die groot sukses van só ʼn geleentheid is dat jy nie ʼn metgesel vir die aand hoef te hê nie, want almal kon ook in groepe saamdans. Leerders wat plakkertjies onder hulle borde gehad het, het geskenkbewyse gewen.

Almal wat bygedra het tot ʼn onvergeetlike Valentynsbal 2018 word van harte bedank.

Boogskuts uit die boonste rakke

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se boogskietspan het Saterdag 17 Februarie aan ʼn kompetisie deelgeneem wat gehou was by Waterberg Academy in Vaalwater.

FA Kemp eindig tweede en Waldo Maritz derde in die senior seuns-kategorie. Die boogskuts van EHS eindig in ʼn algehele tweede plek.

Die span bestaande uit Waldo Maritz, Armand du Plessis, FA Kemp, Branden Perrier, Codi Janse van Rensburg en Miscka Witbooi eindig eerste in die driedimensionele item.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.