Hoërskool Ellisras Nuus

Koshuisleiers het belangrike taak

V.l.n.r.: Nico Roux, Jaco Strauss, Niel Steenkamp, Carl van Heerden (koshuishoofseun),
Estè Roos, Morongwa Hlako (koshuishoofmeisie), Deneo Selota en Christa Badenhorst.
Die koshuisma is Maryke Diplock

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se koshuisprefekte vir 2018 is op 20 September aangekondig.
Volgens die bestuur is dit ʼn baie verantwoordelike taak om koshuisprefek te wees omdat die koshuis jou tuiste weg van die huis af is.
In die koshuis word leerders geleer hoe om hulle probleme self uit te sorteer en op hulle eie bene te staan.
Die koshuisleiers hou nie net toesig nie, maar hulle dien ook as klankbord vir dié wat ʼn behoefte daaraan het.
Die skool se wense vir dié groep leiers is ʼn voorspoedige 2018 sonder enige ernstige insidente.

Krieketsterre

LEPHALALE — Lawrence Johnson, WP Vermeulen en Janco Lötter van Hoërskool Ellisras het deurgedring na die Limpopo finale o. 15-krieketproewe wat in die komende Oktoberskoolvakansie plaasvind. Die skool wens hulle geluk en sterkte toe.

Talent by dosyne

V.l.n.r.: Brendon du Toit, Lerato Makwela, Amogelang Shongoane en Tianca Engelbrecht

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se talentaand wat Donderdag 21 September gehou is, het alle verwagtinge oortref.
Leerders het teen mekaar meegeding om vir drie kontantpryse in aanmerking te kom.
Daar was ʼn groot verskeidenheid optredes – sommige leerders het musiek gemaak met hulle rekenaars en selfone en dit het gelei tot die sogenaamde “Launch pad” deur Dian Besseling en “Trap genre, midikey” deur Marko Erasmus.
Learners also wrote their own original songs Like Ashley’s (Dashy) “We praising God”, a rap item. Tiaan Louw het ook “gerap” op sy eie komposisie. Brendon du Toit het geluide met sy mond gemaak wat hy “Beatbox” noem.
Volgens die toeskouers was dit ongelooflik om te hoor en te sien. Hy deel die tweede prys met Lerato Makwela en Amogelang Shongoane who danced to the tune of Bruno Mars’s “Versace on the floor”. Very classy and stylish – real ballroom! Die eerste plek behoort aan Tianca Engelbrecht met haar monoloog “My nefie Vester.”
Die beoordelaars was Louis Campbell, Annelie Wessels, Mike Molekoa en Derick Olivier.
Die seremonie-meester, Erik van der Walt, het gesorg vir ‘n lewendige aanbieding!
After the show a Grade 12 learner remarked: “I haven’t thought that you would get such great entertainment and an exciting evening for only R10! It feels as if I was on a long holiday!”

EHS plant bome

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se Rassieraad vir 2018 het Donderdag 21 September agtien bome op die skoolterrein geplant. Die bome is geskenk deur Afriforum Lephalale, onder leiding van Aldo Venter, voorsitter.
Die Rassieraad het boerboon- en bruin essenhoutbome langs die hokkie- en rugbyvelde geplant vir welkome skadu teen die venynige Bosveldson.
ʼn Nalatingskap vir toekomstige EHS-leerders.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.