Hoërskool Ellisras

Boogskiet

LEPHALALE — Lede van Hoërskool Ellisras se boogskietspan het Saterdag 2 September aan ’n kompetisie, aangebied deur Laerskool Bosveld Primary, deelgeneem.
FA Kemp (links) skiet 272 uit 300 en eindig derde van die senior seuns. Miscka Witbooi (regs) skiet 271 en eindig tweede van die senior meisies. Codi Janse van Rensburg eindig derde van die senior meisies.
FA Kemp, Miscka Witbooi, Waldo Maritz en Armand du Plessis sê hulle oefen hard om, as deel van die Limpopospan, deel te neem aan ’n Provinsiale kompetisie wat op 4 Oktober in Uitenhage gehou word.

Yster-onnies

LEPHALALE — Theunes van Staden, onderwyser by Hoërskool Ellisras, het onlangs vlak twee van die “World Rugby Coaching Course” geslaag.
Die kursus bestaan uit drie vlakke en wanneer ʼn persoon vlak drie geslaag het, kan hy Superrugby op uitnodiging afrig.
Dandrè Grobler, ook ʼn onderwyser by Hoërskool Ellisras, het onlangs vlak een geslaag soos al die ander rugbyafrigters by EHS.

Debate

The debate team of Hoërskool Ellisras, Murunwa Masipala and Olerato Setshothlo

LEPHALALE — On Friday 1 September the debate team of Hoërskool Ellisras took part in a competition at Cluster level in Witpoort. The topic was “Are women better leaders than men?”
According to Murunwa Masipala and Olerato Setshothlo, the team of Hoërskool Ellisras, it was a heated debate. Olerato came third and was chosen to take part at District level on 7 September with the topic “Should drugs be legalized?”

Fietsry

LEPHALALE — Hoër-skool Ellisras se fietsryspan het Saterdag 2 September aan die derde Spurresies by Stanford Lake College in Tzaneen deelgeneem.
Henja Glas (regs) eindig derde, Adriaan Venter elfde, Menno Glas 11de en Nelius Grieshaber 19de.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.