Hokkiebokkies laat buig knieë

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se o. 15-hokkiespan het vanaf 31 Julie tot 3 Augustus aan die Noordvaal-kampioenskappe in Pretoria deelgeneem en ʼn paar van die ander deelnemende skole laat kennis neem van die Bosvelders.

Hoërskole Ben Vorster, Randburg, Hoogenhout (Bethal) en Schweizer Reneke moes die knie voor die Rassies buig maar EHS verloor teen die span van Hoërskool Driehoek in die halfeindronde.

Die span se afrigter, George McAlpine, wat ook sy verjaarsdag tydens die toernooi gevier het, sê hy is tevrede dat hulle ʼn suksesvolle hokkieseisoen gehad het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.