Hondjies as lokaas

Leoni Kruger
LEPHALALE — Adjudant-offisier Frans Mokoena, Lephalale SAPD woordvoerder, doen ‘n beroep op die gemeenskap om hulle honde (veral babahondjies) liefs snags in die huis te laat slaap. Daar was die afgelope tyd verskeie voorvalle waar daar gate in asbesmure gemaak is en babahondjies gesteel is.
A.O. Mokoena sê hulle vermoed die hondjies word gebruik as lokaas tydens hondegevegte.
Die Lephalale dierebeskermings-vereninging (DBV) het bevestig dat hulle baie te doen kry met honde wat in hondegevegte beseer is en dat klein hondjies gebruik kan word as lokaas om die groter honde aggressief te maak.
Die mees onlangse geval is ‘n twee-maand-oue bruin Labrador wat op Vrydag 4 Maart uit ‘n erf in Kameeldoringstraat gesteel is.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.