Hou aandele se blinkkant bo …

Untitled-1

Ria Wells
LEPHALALE — Werner Malan en
Freddie Schoeman van PSG het Woensdag, 18 Mei, ‘n beleggingseminaar aangebied waar top ekonoom, Dawie Klopper en aandele portefeuljebestuurder, Chris Wehmeyer, insiggewende praatjies gelewer het oor die ekonomiese klimaat waarin die land hom tans bevind en hoe markskommelinge wat aan die orde van die dag is benader behoort te word.
Werner het in sy verwelkoming gesê dat mense tans ‘n negatiwiteit teenoor die markskommelinge ondervind maar gesê dat: “Dit op sy droogste is net voor die reën …” en dat emosie nie die oorhand moet kry in belangrike besluite soos ‘n mens se beleggingsbesluite nie.
Dawie Klopper, direkteur by PSG en beleggingsekonoom vanaf 1997 het dit duidelik gestel dat dit belangrik is om by jou finansiële plan te bly en beklemtoon dat daar nie plek vir emosionele besluitneming is nie.
Hy het ‘n paar punte aangeraak waarna gekyk moet word wanneer besluite geneem word. Eerstens word daar gekyk na die tendense in die VSA wat die grootste ekonomie ter wêreld is en beduidend is wat die res van die wêreldekonomie aanbetref. In ‘n wêreld waar robotte werk van mense af wegneem is dit belangrik dat die ekonomie gestimuleer moet word. Dawie sê die redes waarom die wêreldekonomie sukkel ‘n gebrek aan vertroue is veral as gekyk word na die Europese migrante-probleem, die verandering in China se ekonomie, VSA se Federale Reserweraad se beplanning, en ons sit in Suid-Afrika met politieke onsekerhede.
Hy het verder gesê dat die olieprys ‘n maatstaf is vir groei in die wêreldekonomie. Die drie hooffaktore wat die Rand dryf is die beweging van die Amerikaanse dollar, kommoditeitspryse en SA spesifieke faktore is. Dawie het die gaste aangemoedig om soos ‘n buitelander oor SA se aandele te dink! Daar is defnitief nog geleenthede op ons mark.
Chris Wehmeyer, aandelemakelaar en portefeuljebestuurder het op sy beurt die gaste ingelig dat portefeulekonstruksie nou belangriker is as ooit. Hy het ‘n oorsig van die JSE se algehele indeks van 0,2% vir die afgelope jaar voorgehou wat in effek -2.72% sonder dividende beteken, maar in dieselfde asem genoem dat dit internasionaal nie beter gaan nie. Hy het dit egter duidelik gestel dat wanneer daar oor portefeuljekonstruksie besluit word, dit oor die langtermyn gedoen moet word.
Hy het die interessante storie van Kosie voorgehou wat die ‘slegste belegger’ in die land is. Kosie besluit om elke nou en dan ‘n eenmalige R10 000 in aandele te belê, hy is bang vir die mark en prober belê slegs as dit goed gaan. Kosie koop R10 000 se Satrix-aandele in 1998 net voor die Asiatiese krisis en verloor 41.6%. Hy besluit egter om in die mark te bly, want hy wil nie ‘n verkooptransaksie op ‘n slegte tyd uitvoer nie. Hy besluit toe om in 2000 sommer nóg R10 000 te belê … en toe bars die tegno-borrel! Kosie verloor 16%. Maar Kosie bly ‘n ‘slegte belegger’ en gebruik R10 000 van sy bonus om nog aandele te koop! En toe gebeur 9/11! Wat ‘n ramp. Kosie verloor 22.2%. In 2002 besluit hy om tog nog R10 000 aandele te koop en daar verswak die sentiment rondom ontluikende markte en Kosie verloor wéér 20.1%! Ai, Kosie vergeet van die verliese, maar koop nog een laaste keer in 2008. Lehman Brothers vou en Kosie is weer heeltemal verkeerd en verloor ‘n masiewe 35.1%! Hoeveel geld dink julle het Kosie aan die einde van 2015 gehad, in ag geneem dat hy telkens op die slegste moontlike tyd sy geld belê het (‘n hele R50 000 oor die tydperk) en nooit sy bydraes met inflasie aangepas het nie? Wel, Kosie se R50 000 was in 2015 ‘n hele R244 543.23! Dit is ‘n totale groei van 389.09%, ‘n geannualiseerde groei van 9.79% en ‘n JSE-groei van 14.9%.
Hierdie prentjie van Kosie bevestig dat daar altyd na langtermyn gekyk moet word. Baie mense sou vandag bitter graag in Kosie se skoene wou wees.
Chris het egter gesê dat aandeelkeuses baie belangrik is en het aan die hand van ‘n grafiek gewys hoe goed spesifiek PSG vanaf 2009 presteer het in vergelyking met ‘n paar ander maatskappye. Hy het ook daarop gewys dat markskommelinge nie die waarde van ‘n besigheid bepaal nie, want daar word besighede gekoop en nie sentiment nie.
The Walt Disney Company is as goeie voorbeeld voorgehou van ‘n uitstekende maatskappy wat hulself uitmuntend onderskei en bv. van verskillende hoofdrywers gebruik maak om ‘n konstante vloei van inkomste te verseker – ‘n maatskappy wat betrokke is by medianetwerke, parke en oorde, ateljeevermaak asook verbruikersgoedere en interaktiewe media.
PSG Wealth doen besigheid met groot maatskappye wat die toets van die tyd deurstaan het en posisioneer hulself deeglik in die plaaslike – sowel as buitelandse markte. Chris het ook die uitstekende prestasies van PSG Wealth aan die hand van ‘n grafiek oor die afgelope drie jaar gedeel wat beleggers en voornemende beleggers wat die seminar bygewoon het groot vertroue sowel as gemoedsrus behoort te gee.
PSG Wealth Ellisras kan vir kundige beleggings-, aftreebeplanning en finansiële advies geskakel word. Hulle hef geen aanvanklike kommissie op beleggings wat op hulle platforms belê word nie. Skakel Werner en Freddie by 082 331 5055 en 082 927 2534.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.