HPG en Afriforum werk saam

LEPHALALE — ’n Samewerkingsooreenkoms tussen die Heritage Protection Group (HPG) en AfrikForum Lephalale is Saterdag 22 Februarie onderteken. Die doel van die ooreenkoms is om samewerking tussen AfriForum en HPG in Limpopo te vestig en stelselmatig tot op nasionale vlak uit te brei.

Die samewerking behels dat dié twee organisasies mekaar sal bystaan deur hulp met plaasaanvalondersoeke en ander geweldsmisdade, die uitbreiding van die bestaande telekommunikasienetwerk, misdaadtoneelbewaring, lugondersteuning, mediese bystand, spoorsnyvermoëns, slagofferondersteuning gedurende traumatiese gebeure en insameling van inligting vir die daarstelling van inligtingsnetwerke.

Jaco Grobbelaar, AfriForum se Distrikskoördineerder vir Limpopo, het beklemtoon dat alle operasionele lede wat by die AfriForum/HPG-protospanne betrokke wil raak, by die plaaslike of naaste AfriForum-buurtwag moet aansluit en ’n AfriForum-gedragskode onderteken. Hulle moet ook lede wees van AfriForum sodat daar te alle tye binne die raamwerk van die gedragskode en relevante wetgewing opgetree word.

“Hoe meer organisasies op voetsoolvlak hande vat, hoe makliker gaan dit word om die onmiddellike omgewing waarin ons woon en werk ’n veiliger plek te maak,” sê Sakkie Louwrens, HPG-direkteur.

Mense het van sover as Tzaneen en Marble Hall het die geleentheid bygewoon.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.