HPG: suksesvolle arrestasies

Lede van die Heritage Protection Group (HPG) in Lephalale het Maandag 3 September spore gevolg van verdagtes wat ʼn pomp gesteel het. Die spore is gevolg tot in Mamojelapark buite Lephalale waar dit verlore geraak het.

Van die koper wat teruggevind is

Inwoners het egter die verdagte aan HPG uitgewys en die patroon op sy skoensole het ooreengestem met dié van die verdagte.

Hy is gearresteer en daar is beslag gelê op die gesteelde eiendom.

Die verdagte en bewysstuk is aan Lephalale Polisie oorhandig.

HPG het ook die laaste tyd ondersoek ingestel en inligting opgevolg nadat ‘n vlaag koperdiefstalle voorgekom het.

Twee verdagtes is vroeg Woensdagoggend 5 September tydens ʼn beplande operasie te Koedoeskop gearresteer met die gesteelde en skoongemaakte kabel in hulle besit.

Volgens Sakkie Louwrens van HPG het hulle ook ʼn erkenning gemaak rakende ander diefstalle in die Koedoeskop-area.

Louwrens het bevestig dat hulle skrootwerwe waar koper verkoop word in ʼn opvolgoperasie sal besoek as deel van verdere ondersoeke.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.