Huisbraak helder oordag

OVERYSSEL — Twee verdagtes (ʼn huishulp en ʼn ander verdagte) is Donderdag 18 Julie gearresteer na ʼn huisbraak om ongeveer 12:00 op ʼn plaas naby die Tafelkoppe in die Villa Nora polisiëringsarea.

Huishoudelike items en selfone is gesteel en die verdagtes het gepoog om die kluis oop te kry om, volgens inligting, wapens te steel.

Lede van die Heritage Protection Group (HPG), saam met lede van die Lephalale GPF en Villa Nora SAPD het die klagte bygewoon en die arrestasies gemaak. Volgens inligting is daar nog twee verdagtes op vrye voet.

Volgens Sakkie Louwrens van HPG is die spore vir ongeveer 20 km gevolg. Daar is beslag gelê op die kluis, selfone en ander items. Geen wapens is gesteel nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.