Huldeblyk

Johanna Kleinhans Jordt

1936-08-02 tot 2017-10-19

Hannie de Jager is gebore in die omgewing van Sabie, maar haar gesin het verhuis na Sundra net voor haar pa in die Tweede Wêreldoorlog gaan veg het.
Met sy terugkeer het die gesin na Elsburg verhuis waar Hannie en haar broers skoolgegaan het.
Sy het Willie Jordt deur ʼn familielid ontmoet en hulle is in 1955 getroud en het vir die grootste gedeelte van hulle getroude lewe in die Rustenburg-omgewing gewoon.
In 1996 verkoop hulle die familieplaas op Marikana en verhuis na Swartwater om meer tyd saam met die kleinkinders te spandeer. In 2002 verhuis hulle na Onverwacht in Ellisras.
Willie is in 2005 oorlede maar Hannie het besluit om in Ellisras aan te bly.
Haar hoogtepunt was die toere saam met haar vriendinne, Marie Glas en Joey Loots, en hulle kuiers by die Dienssentrum sou sy vir niks misloop nie.
Toe haar plek in die Hemelse Tuin voorberei was, het die Hemelse Tuinier haar op Donderdag 19 Oktober kom haal om vir ewig in Sy tuin te kan pryk.
Hannie het ʼn impak gemaak op almal met wie sy in aanraking gekom het.
Sy sal vir altyd voortleef in die gedagtes van haar kinders: Wimpie, Ronelle, Andrew en kleinkinders: Regardt, Lidia, De Wet, Melanie, Janko en al haar familie en vriende.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.