Huldeblyk, Hantie Oosthuizen

Hantie Oosthuizen, 6 September 1954-18 Junie 2018

Hoe groet mens ’n vrou, ’n ma, ouma, vriendin, tannie,’n dogter?

’n Formidabele vrou wat met haar positiewe lewensuitkyk so baie mense geïnspireer, met haar groot hart so baie lewens aangeraak en met haar humor so baie harte laat lag het?

’n Voorvatvrou wat bekend was vir haar harde werk en altyd ’n plan gehad het. Van vrugterolle verkoop om Laerskool Libertas se kinders Kaap toe te vat tot worsrolle by veilings om die skoolfonds aan te vul.

’n Voorbeeldvrou. ’n Voorbeeld van blymoedigheid ten spyte van aftakelende siektes en daaglikse pyn. ’n Voorbeeld van liefde vir haar man, kinders en kleinkinders vir wie sy deur vuur sou loop. ’n Voorbeeld van uithou, aanhou en vashou aan die Woord van God en Sy beloftes.

Hoe groet mens so ’n vrou? Jy groet nie – jy sê net: “Hantie, tot weersiens”.

— Nico, kinders, kleinkinders en familie

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.