Huldeblyk, Johan Pearson, 1973-09-08 — 2018-10-31

“Dit het die Here van die Hemel en Aarde behaag om ons geliefde Johan Pearson in die ouderdom van 45 jaar van ons weg te neem.

“In die dae wat kom sal ons na hom verlang en hom mis, maar daar is stille berusting in ons harte, omdat ons weet dat ons Hemelse Vader nooit ’n fout maak nie. Ons is dankbaar vir die magdom teer en soet herinneringe wat ons van hom het en wat altyd in ere gehou sal word.

“Sy plek sal altyd leeg wees, maar ons berus ons in die wil van die Here en daarom roep ons saam met die gelowige Job uit: “Die Here het gegee, die Here het geneem, loof die Naam van die Here.

“Baie dankie aan al ISE se getroue kliënte deur die jare en aan almal wat my in my uur van nood bystaan.”

— Miemie Pearson

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.