Huldeblyk – Marthinus Stephanus Erasmus

06 November 1950–05 Junie 2018

LEPHALALE – “Tienie Erasmus, my lewensmaat, ons pa en oupa is van ons weggeneem op die ouderdom van 67 jaar.

Tienie, baie dankie vir 45 jaar van ongelooflike liefde. Jy was ’n sagte, liefdevolle, omgeemens en ʼn wonderlike pa vir ons kinders. Ek mis jou so ongelooflik baie, jou plekkie is leeg.

“Pa was ons rots, ons anker, ons mentor en ons steunpilaar te alle tye. Pa het diep spore in ons lewens getrap met Pa se grappies, liefde en ondersteuning. Ons sal nooit Pa se liefde vir die Bosveld en selfs die lekker avonture in Afrika vergeet nie.

“Oupa sal altyd spesiaal bly vir Isabelle en Magnus. Ons wonder wie gaan hulle nou onnutsig leer! Dankie dat Pa so ʼn ongelooflike impak op ons lewens gehad het. Ons gaan Pa altyd in ons harte koester.

“Ons as familie betreur Tienie Erasmus se heengaan. Ons bedank die gemeenskap vir elke boodskap, omgee, hulp, ondersteuning en bystand. Dit word opreg waardeer”.

— Elsa, kinders, kleinkinders, familie en vriende

(Tienie Erasmus was vir baie jare ʼn bekende rekenmeester in die dorp en vir menige ʼn vriend en raadgewer. Sterkte aan die Erasmusgesin – Red)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.