Huldeblyk: Marthinus Zagarias Steenkamp

4 November 1956 – 19 Februarie 2019

“In die fleur van jou lewe het ’n basuin geblaas en die Vader het Martiens kom haal. Die laaste paragraaf is geskrywe in die Boek van die Lewe. Ons staan jou af met groot hartseer in ons lewe. Ons groet ‘n geliefde eggenoot, pa, swaer, vriend en kollega. Die Vader het geweet Hy pluk altyd die mooiste blom. Ons liefde vir jou bly oneindig. ’n Leemte wat gelaat is sal nooit vervul kan word nie. Die pyn wat jy altyd saamgedra het, is verby. Jy stap die poorte binne as volmaakte sonder pyn. Ons sê totsiens aan ’n besondere mens. In ons harte brand die verlange na jou. Tot ons weer ontmoet.

“Ons bedank Mediclinic Lephalale se personeel en dokters se bystand vanaf 16 Februarie toe Martiens opgeneem totdat hy oorgeplaas is na Mediclinic Muelmed in Pretoria.

“Dankie vir almal se gebede, troosboodskappe en gebede … dit dra ons in hierdie moeilike tyd”.

— Elsie, kinders en familie

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.