Huldeblyk – Pieter du Toit (12 Junie 1942 – 10 Desember 2016)

pieter-du-toit-koerant

LEPHALALE — Oud-inwoner en ‘n geliefde lid van die gemeenskap, Pieter du Toit, is Saterdag 10 Desember 2016 in sy slaap oorlede. Hy is Sondag 6 November in Mediclinic Potchefstroom opgeneem vir ‘n galblaasoperasie, maar sy organe was in so ‘n mate aangetas deur ‘n septiese galblaas dat ‘n hartstilstand die gevolg was.
Pieter het breinskade opgedoen, in ‘n koma verval en nooit weer wakker geword nie. Soos iemand tereg opgemerk het: “’n Groot hardekool het geval, maar sy skaduwee sal altyd met ons wees”.
Die familie neem met heimwee en hartseer afskeid van Pieter. Sy siekte en afsterwe was onverwags. Hester, sy eggenote en die kinders en kleinkinders bedank almal in die hele bosveld vir al die oproepe, vertroosting en ondersteuning tydens sy siekte en afsterwe. “Ons as familie gaan hom geweldig mis. Hy was vir ons ‘n ware steunpilaar en wonderlike man, pa en oupa. Ons betreur sy heengaan, maar berus in God se wil. Hy het sy lewe voluit geleef en sy liefdevolle omgee vir sy medemens sal onthou word. Pieter het die goeie stryd gestry en sy wedloop op aarde voltooi.”
Pieter se gedenkdiens word Donderdag 15 Desember in Pretoria om 11:00 vanuit die NG Kerk Wierdapark Centurion, h/v Piet Hugo- en Kortstraat, Eldoraigne gehou.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.