Huldeblyk

Gerty Jansen van Vuuren

Gerty Jansen van Vuuren

1937-01-03 — 2017-09-10

“Sy was een van die min mense wat geseën was met drie gelukkige huwelike. Ons het nooit ʼn stiefpa gehad nie.
Mamma het ʼn baie goeie lewe gehad en haar motto in die lewe was: ‘Let go let God’.
Haar gunsteling-liedere was ‘Jesus loves me’ en ‘My God is groot’.
Rus sag mamma Gerty.”
— Linda Rocher

Gerty laat vier kinders, naamlik Linda, Pamela, Raymond en Leon; 11 kleinkinders en 14 agterkleinkinders agter.
Sy het vir 40 jaar in Pretoria gewoon maar vanaf 22 Julie 2017 het sy by haar dogter, Linda, in Lephalale gewoon.
Haar begrafnis word Saterdag 16 September vanuit die Gereformeerde Kerk Derdepoort in Pretoria gehou.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.