Húlle gaan Hardies lei

LEPHALALE — Hardekool Akademie het hul nuwe leiers vir 2019 na afloop van die prestige prysuitdelingsfunksie Donderdagaand 1 November aangekondig.

Leiers van links na regs is: Sanél van Zyl, Dirkie Uys, Neldri Ellis, Michaela Venter en Janco Kotze

Volgens Wilna Muller, skoolhoof, is dit vir leerders ʼn eer en voorreg om op die skool se leerlingraad te dien, maar ook ʼn groot verantwoordelikheid. Die leerlingraad het baie pligte en hulle moet te alle tye ʼn voorbeeld stel. Hulle moet voorlopers wees in die Laerskool en hulle Christenskap ten volle uitleef.

Cornelia Pretorius is die Leerlingraadvoog vir 2019 en sy sal die pad saam met hierdie leerders en hulle ouers stap.

Die volgende leerders is gekies as Leerlingraad vir Hardekool Akademie se laerskool vir 2019: Sanél van Zyl, Dirkie Uys, Neldri Ellis, Michaela Venter en Janco Kotze.

Daar is slegs een hoofleier vir 2019 wat die leiding gaan neem en dié groot eer het Michaela Venter te beurt geval.

Na die aankondiging van die leiers het Cornelia Pretorius die erekode aan die nuwe leiers voorgelees waarna hulle dit onderteken het.

(Nog foto’s op Mogol Pos se Facebook-blad)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.