
LEPHALALE — Daar word jaarliks ‘n hele klomp graad 11-leerders by Hoërskool Ellisras genomineer om deel te wees van die volgende jaar se Bestuurskomitee en leerders is altyd in groot afwagting om te hoor of hulle verkies is om die skool met trots te dien en ‘n verskil te maak.
Die leiers (Bestuurskomitee) is onlangs aangekondig en die skool wens die nuwe Rassieraad 2017 baie geluk met hul verskiesing.