Hulle het nie in die botter geval nie, hulle is goud

LEPHALALE — ’n Leser het Mogol Pos verlede week geskakel om te vertel van die “botterspinnekoppe” wat yslike webbe gespin het vir ongeveer 200 m aanmekaar tussen die telefoonlyne langs die grondpad op pad na die stortingterrein.

Mogol Pos het navraag gedoen by Dave Pepler, bekende omgewingskundige, om meer hieroor uit te vind.

Volgens Dave is dit nié botterspinnekoppe nie, maar gestreepte been nefilie, algemeen bekend as die goue spinnekop. Daar is wêreldwyd baie spesies nephila, wat gereeld na verwys word as goue bolwewers, reuse-houtspinnekoppe of piesangspinnekoppe.

Die geslagsnaam, grofweg vertaal uit Antieke Grieks, beteken “lief vir spin” – ’n bewys van die enorme webbe wat die goue bolle weef.

Die goue bolspinnekop word so genoem vanweë die kleur van sy sy. Daar word gedink dat hierdie kleur twee doeleindes kan dien; in die sonlig sal dit bye lok wat na die heldergeel trek, terwyl dit in die skaduwee in die blare gekamoefleer word en sodoende ander insekte verswelg.

Die spinnekop is in staat om die hoeveelheid pigment in die sy aan te pas en sodoende die kleurintensiteit van die draad te verander.

Die grootte en formidabele voorkoms daarvan maak hierdie een van die mees herkenbare en maklik identifiseerbare spinnekopspesies. Dié spinnekop is nie aggressief nie en relatief onskadelik.

One Comment on “Hulle het nie in die botter geval nie, hulle is goud”

  1. My gunsteling sin van die jaar… sover: “Die goue bolspinnekop word so genoem vanweë die kleur van sy sy.” Dankie vir die lekker artikel!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.