Hulle sê dankie …

Arona, Cyril en Pierre
Arona, Cyril en Pierre

Ria Wells
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary het verlede Donderdag ‘n verrassingsbesoek aan @Sold Eiendomme se kantore gebring met die uitsluitlike doel om dankie te sê vir hul betrokkenheid by die skool se bulletjierugby.
@Sold Eiendomme was die hoofborg van die bulletjiedag wat gedurende Mei vanjaar deur Laerskool Bosveld Primary aangebied is, terwyl AJ Air-Conditioning die truitjies verskaf het.
Pierre Hugo, organiseerder en Cyril Sparks, voorsitter van die bulletjierugby, het ‘n aandenking aan Arona Rossouw, mede-eienaar van @Sold oorhandig wat bestaan uit ‘n geraamde bulletjie-trui. Cyril het gesê dat hulle altyd op @Sold kan staatmaak en trots daarop is om hulle ‘n vriend van die skool te kan noem.
Arona het gerea-geer en gesê dat dit altyd vir haar en mede-eienaar, Francois Campher, ‘n groot voorreg is om deel van die gemeenskap te wees.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.