Hulle vang graad!

LEPHALALE — Dit is weer dáái tyd van die jaar. Studente vang graad.

Johan Pitout (Hoërskool Ellisras hoofseun 2015 en Sportseun van die Jaar 2013 en 2015) het onlangs sy BCom graad in Ekonomie en Risikobestuur aan die Noord-Wes Universiteit behaal. Hy is tans besig met sy Engos-diploma (Onderwys), maar beplan ook verdere studies vir 2020.

Johan het in sy eerste jaar krieket en rugby gespeel vir sy koshuis, Veritas, en in 2018 speel hy krieket vir Villagers.

Adelène Spammer behaal onlangs haar BCom in Entrepreneurskap en Bemarkingsbestuur aan die Noord-Wes Universiteit. Sy is tans besig met haar Honneurs in dieselfde rigting. Adelène was in 2016 ʼn matriekleerder aan Hoërskool Ellisras en sy was ook deel van die skool se bestuursraad.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.