Hulle vier die lewe!

Gaste aan Yvette Malan Eiendomme se tafel vir vroue-borskankermaand …
Gaste aan Yvette Malan Eiendomme se tafel vir vroue-borskankermaand …

Ria Wells
LEPHALALE — Yvette Malan Eiendomme het in die gees van vroue-borskankermaand besluit om die lewe te vier saam met vriende en vroue wat met kanker worstel, asook diegene wat in remissie is.
Vrydag 30 September het bessiesap, wortelkoek en samesyn vroue gesellig om ‘n vrolike pienk rosetafel saamgesnoer.
Yvette, wat vanjaar self groot geskrik het met ‘n vermoede van kanker, het almal bedank wat die oggend saam met hulle deurgebring het. Sy het hulde gebring aan vroue wat nog elke dag met kanker saamleef, asook dié wat al die kankerpad gestap het en tans in remissie is. Positiwiteit is as die een eienskap uitgelig wat kenmerkend is van kankerpasiënte en soos Yvette tereg gesê het: As jy nog nie met kanker gekonfronteer was nie, moenie oor onbenullige goed in die lewe kla nie! Kry dus jou prioriteite reg en leef met dankbaarheid.
Vele inspirerende gedagtes is gedeel, want soos iemand opgemerk het: Dit help om jou las ligter te maak as jy oor jou kankerstryd praat. Let wel, nie kla nie.
Die oggend is afgesluit met koffie en die lekkerste wortelkoek wat Yvette self gebak het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.