
LEPHALALE – Die alombekende Corrie Elmes, inwoner van Lephalale, het verlede Dinsdagaand haar regterhand ernstig beseer in ‘n fratsongeluk.
Corrie het ‘n klapper met ‘n kers verwar tydens ‘n kragonderbreking en dit het in haar hand ontplof. Sy is tans in ‘n staatshospitaal en moet dringend geopereer word. Tot nou is sy nog nie geopereer nie en die situasie raak nou kritiek.
Die familie het die keuse gemaak om haar na ‘n privaathospitaal oor te skuif, maar het dringend fondse nodig sodat die operasie uitgevoer kan word. Hulle sê dat enige hulp opreg waardeer word en glo dat die gemeenskap en veral dié wat haar ken hul harte sal oopmaak.
Skakel 076 119 6872 vir inligting.