Hulp vir droogte steeds nodig

LEPHALALE — 78 vragte voer is tot en met Woensdag 21 November in Limpopo afgelaai en sowat 300 boere in die Lephalale-omgewing onder andere Baltimore, Tolwe, Marken, Marnitz, Bulgerivier, Tom Burke, Swartwater en Maasstroom het reeds voer ontvang.

Die droogte se greep is oral sigbaar

Volgens Douw Pelser en Tommy Kloppers wat die droogtehulpprojek in die Lephalale-omgewing bestuur, skenk mense steeds voer asook geld en hulle word opreg bedank daarvoor. Pelser sê hulle ontvang deurentyd terugvoer van dankbare boere.

“Die nood word egter daagliks groter en die feit dat daar geen vooruitsig van reën is nie en die hitte wat tans ervaar word, sal boere waarskynlik nog vir ʼn lang tyd voer vir die diere nodig hê. Die situasie gaan nie verander tensy dit daar nou goeie reën en opvolgreën val nie,” sê hy.

Hy het ook beklemtoon dat boere wat reeds voer ontvang het, weer gehelp sal moet word want die diere moet elke dag eet.

“Vervoer is egter ʼn groot behoefte, so enigiemand wat kan help met vervoer moet asseblief na vore kom,” vra Pelser.

Douw Pelser kan geskakel word by 082 820 5228 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.