Inbraak by LBP

Die boewe het toegang deur die dak verkry
Die boewe het toegang deur die dak verkry

Leoni Kruger
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary was die afgelope naweek (Vrydag 3 Junie) die jongste slagoffer van ‘n reeks inbrake by skole in Limpopo waarvan die modus operandi dieselfde blyk te wees.
Volgens Louwtjie Pretorius, skoolhoof van Laerskool Bosveld Primary, wou een van sy personeellede Saterdagoggend iets by die skool gaan haal toe sy sien die kantoorblok en die ontvangsarea se deure staan oop.
Louwtjie sê die inbrekers het deur die dak gebreek en was hoofsaaklik op soek na rekenaars en geld. Die kluise is oopgebreek met ‘n hoekslyper en skootrekenaars is gesteel. Pretorius sê die booswigte het geen kontant gesteel nie, omdat die kontant elders was. Die grootste skade is aangerig aan die deure en kluise wat oopgebreek is en weer herstel moet word.
Hy sê volgens sy kennis is daar binne die laaste drie weke in byna 10 skole in Limpopo op dieselfde manier ingebreek en rekenaars en geld gesteel.
Teen druktyd was daar nog nie ‘n waardebepaling van die skade gedoen nie.
Die saak word ondersoek deur Lephalale SAPD.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.