Inwoners ontstoke oor geen toegang

LEPHALALE — Die inwoners van Rivier- en Rietspruitstraat in Onverwacht was Donderdag 26 April erg ontstoke toe hulle besef dat kontrakteurs wat vir Lephalale Munisipaliteit nuwe waterpype lê, die hele breedte van die pad opgegrawe het.

Twee van die inwoners het Mogol Pos geskakel omdat hulle nie kon gaan werk nie, want hulle kon nie oor die sloot ry nie. Volgens die inwoners het hulle geen vooraf kennisgewings gekry dat die pad oopgegrawe gaan word nie.

Mogol Pos het navraag gedoen by Sybil Nieuwoudt, DA-raadslid in Onverwacht en sy het dit met die betrokke mense by die Munisipaliteit opgevolg. Volgens haar het die kontrakteursgroep wel kennisgewings aan die inwoners uitgedeel, maar dié met wie Mogol Pos gepraat het, het niks ontvang nie.

Die pasiënte van ʼn plaaslike dokter met spreekkamers in Rivierstraat, moes volgens inligting hulle afsprake kanselleer omdat hulle nie toegang tot die straat gehad het nie.

Die voertuie van die kontrakteurs was na bewering nie gemerk nie.

One Comment on “Inwoners ontstoke oor geen toegang”

  1. Wanneer word al d oopgegroude sypaadjies weer toegegooi. Krulblaar Singel on Onverwacht is al vir weke oop. Skynbaar gaan niks aan vir weke nie. Weet iemand dalk

Leave a Reply