Jackson sing vir EVW

Lerina Els, Manie Jackson en Susan Otto
Lerina Els, Manie Jackson en Susan Otto

LEPHALALE — Die Ereveldwagters (EVW) van Waterbergstreek, Lephalale, het Sondag 3 Julie vanaf 13:00 ‘n opelug-optrede by The Junction aangebied met Manie Jackson as gaskunstenaar.
Jackson het ter wille van die gure weer al die besoekers nader aan mekaar en uit die wind laat sit vir ‘n gesellige samekoms.
Almal wat die geleentheid bygewoon het, was dit eens dat Jackson ‘n besondere mens is wat vir elke persoon – oud of jonk – tyd gemaak het, selfs al was dit net met ‘n paar woorde of ‘n handtekening.
Die fondse wat vanuit dié geleentheid ingesamel is, sal in Mapungubwe Nasionale Park aangewend word.
Die Ereveldwagters bedank The Junction vir die beskikbaarheid van hulle perseel en almal wat daartoe bygedra het, hetsy deur ‘n donasie of om ‘n kaartjie te koop, om ‘n suksesvolle geleentheid te verseker.
Linque Janse van Rensburg het Ocean Basket-etekaartjies tydens ‘n gelukkige trekking gewen en Marnus Kruger wen ‘n rooibok.
Skakel Susan Otto by 082 572 1632 vir meer inligting oor die werksaamhede van die Ereveldwagters.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.