Jan het ʼn plan

LEPHALALE — Jan Warren het ʼn derde plek op die lys van Hoërskool Ellisras se top 10- presteerders behaal in 2017 se matriekeindeksamen.
Hy behaal onderskeidings in fisiese wetenskappe (86%), wiskunde (80%) en lewensoriëntering (83%) en slaag met ʼn gemiddeld van 77,7%.
Jan gaan vanjaar Meganiese Ingenieurswese studeer aan die Universiteit van Pretoria. Die grootste les wat hy geleer het is dat “plus en I minus gee nie I plus nie”.
Sy boodskap aan vanjaar se matrieks is: “geniet die Interhoër!”
Jan bedank sy familie en vriende wat hom ondersteun het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.