Jolige Jolyt

Die inwoners van Maroela Oord saam die Knight Watchmen Biker’s Club

Ria Wells
LEPHALALE — Die bekende plaaslike Knight Watchmen Biker’s Club het op 27 Mei ‘n heerlike jolyt gehou by die Mogolklub se gronde om fondse in te samel vir die inwoners van die SAVF Maroelaoord.
Die klub het uit hul eie sak asook met donasies vanaf individu aankope gedoen, geskenkpakke opgemaak en die afgelope Sondag, 11 Junie aan die inwoners van die oord oorhandig. Die opgewondheid onder die inwoners het geen perke geken nie en sommiges was waagmoedig genoeg om saam agterop die motorfietse te ry. Gille was glo van ver af hoorbaar. Van dié vrolike inwoners het gewys dat ‘n mens is nooit te oud is om bietjie waaghalsig te wees nie!
Die klub, by name Derick en Sonja Maille, bedank Mogolklub wat hulle toegelaat het om op hul gronde te jol, asook al die borge en ondersteuners wat gehelp het om ‘n suksesvolle “biker’s” dag moontlik te maak ten bate van die inwoners van Maroelaoord.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.