Jong man sterf

3092_10208533933643168_4933015384371247475_n

Leoni Kruger
LEPHALALE — Charl Bennett (24), ‘n inwoner van Lephalale, het Woensdagaand 23 Maart omstreeks 19:49 op die hoek van Maroelasingel en Peter Mokabastraat op die ongelukstoneel aan sy wonde beswyk nadat hy met sy motorfiets in ‘n botsing betrokke was.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder was die ander voertuig wat in die botsing betrokke was, ‘n Mercedes-bussie met registrasienommer CWB 418L. ‘n Saak van strafbare mansslag per MAS 241/3/2016 is geopen.
Die bestuurder van die Mercedes is nie in die botsing beseer nie.
Boodskappe van medelye het ingestroom op die familie se Facebook-blaaie.
‘n Herinneringsdiens word Vrydag 1 April om 11:00 vanuit die AGS El-Betel gehou.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.