Jongmensaksie skop af

LEPHALALE — Na aanleiding van versoeke deur adolessente en jong volwassenes in die AGS El Bet-el-gemeente, het die bestuursraad van die gemeente besluit om ʼn Christelike aksie te loods waarby alle adolessente en jong volwassenes van die dorp betrokke kan raak. Die deure is egter oop vir almal wat jonk van gees is.

Die aksie skop Sondag 3 Maart 2019 om 18:00 af by die kerk geleë in Konkoitstraat en alle belangstellendes word uitgenooi om te kom deel in hierdie opwindende meelewing en verkondiging van Sy Woord. Daar sal volop lofprysing wees terwyl die Woord deur uitgesoekte sprekers gelewer sal word.

Vir enige verdere navrae kan Renier Venter by 063 253 1105 of Theo de Villiers by 082 951 1320 geskakel word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.