Jongste slangvanger kuier by EHS

LEPHALALE — Die vyftienjarige Arne Hobbs, die wêreld se jongste geregistreerde slangvanger, het Maandag 12 Oktober ʼn draai gemaak by Hoërskool Ellisras.

ʼn Deel van sy besoek aan Lephalale was om saam met Marius Koekemoer, bekende slangvanger van die omgewing, te werk.

Arne en sy span het met inwoners van Lephalale, wat voorheen deur Mosambiek-spoegkobras gepik was, oor hulle ervarings gesels.

Hy het tydens sy besoek aan die skool ook ʼn opvoedkundige praatjie gelewer. Leerders kon daarna aan die slange vat en al hulle brandende vrae vra!

Die leerders en personeel van Hoërskool Ellisras bedank Marius en Arne vir die insiggewende sessie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.