Jonkers groet

LEPHALALE — Alfie en Elsie Jonker het Vrydagaand 10 Februarie finaal afskeid geneem van Ellisras en sy mense nadat hulle vir 35 jaar hier gewoon en gewerk het. 1
Hulle sal onder andere onthou word as die eienaars van Tau Safari’s and Tours en Tau Gastehuis.
Vriende en familie het vir hulle ‘n afskeidsete gereël by die Ou Apostel Kerk in Onverwacht.
“Hulle gaan baie gemis word in die gemeenskap. Die twee het gereeld ‘n geselsie met kennisse in die dorp aangeknoop en hulle sal in kerkgeledere onthou word vir hulle bydrae tot die kerkkoor. Hulle was altyd beskikbaar om te help en geen taak was ooit vir hulle te groot nie” sê Melinda Lee, ‘n vriendin van die familie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.