Juan slaag met lof

LEPHALALE — Juan van Staden, ’n graad 10-leerder by Marlothii Learning Academy, is nie net ’n uitblinker op akademiese veld nie, maar ook op die jagveld.

Hy is baie lief vir die plaaslewe en soos enige volbloed Bosveldseun, ook vir jag.

Juan het op 2 Augustus eksamens afgelê by SA Sport- en Jagfederasie, waar hy sy bekwaamheidstoets vir wapens met lof geslaag het. Hy ontvang ook sewe sertifikate in die volgende kategorieë:
• haelgeweerjag – beoordelaar;
• geweerjag – beoordelaar;
• baanoffisier;
• sportskut;
• jagter;
• toegewyde sportskut; en
• oegewyde jagter.

Corney Myburgh, stigter en eienaar van Marlothii Learning Academy, sê Juan is al sedert sy graad 8-jaar ʼn leerder by Marlothii en hy maak hulle almal baie trots.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.