Juba op pad

LEPHALALE — Anebe (Bibi) Oelofse (19), ʼn eerstejaarstudent in sielkunde en onderwys aan die Noordwes Universiteit, is vanjaar weer ʼn finalis vir die Mej Bosveld-kompetisie.

ʼn Deel van elke finalis se taak is om ʼn fondsinsamelingsprojek te reël.

Anebe se projek vanjaar is ʼn konsert deur die gewilde Juba op Vrydagaand 22 Junie by die Mogolklub funksiesaal. Die geleentheid begin om 18:00 vir 18:30. Alle fondse is ten bate van die SAVF Maroela-oord.

Die kostes van die kaartjies is R150 per volwassene, R100 per hoërskoolleerder en R80 per laerskoolleerder. Dit sluit ʼn ligte ete in. Daar sal ook ʼn kontantkroeg wees.

Anebe sê daar is lekker pryse wat deur die loop van die aand gewen kan word en sy beloof boonop ʼn groot verrassing.

Skakel Ankia Oelofse by 061 031 2911 of Lizette Perrier by 082 857 3559 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.