Kabel, toe skaap!

Dié skaapkarkas is deur lede van K9 gevind
Dié skaapkarkas is deur lede van K9 gevind

Leoni Kruger
LEPHALALE — Lephalale SAPD het Dinsdagoggend rondom 07:00 ‘n klagte van kabeldiefstal en ‘n transformator wat gebreek is vanaf Willie Loots ontvang.
Offisier Frans Mokoena, Lephalale polisiewoordvoerder, het hulle spore gesien en dit gevolg tot naby die rivier waar die K9-eenheid op ‘n skaapkarkas afgekom het. Die kop was weg.
A.O. Mokoena sê A.O. Jan Oberholzer het verder in die veld op ‘n gebou afgekom waar die skaapkop gelê het. By verdere ondersoek het die polisie ook op die verdagtes afgekom (‘n man en vrou) waar hulle teen die rivier op die sand lê en slaap het. Hulle is in besit van vleis gevang wat verbind kan word met die skaapkarkas wat gevind is en Loots het aan die polisie bevestig dat daar van sy skaap gesteel is.
‘n Saak van veediefstal is geopen.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.