Kalahari Reds vlieg

Hanteerder Makwak, Jaco van der Merwe, Antoinette en Douw Dry van Kilifi Creek en afslaer Corne du Plessis. Die ooie is verkoop teen onderskeidelik R31 000 en R28 000
Hanteerder Makwak, Jaco van der Merwe, Antoinette en Douw Dry van Kilifi Creek en afslaer Corne du Plessis. Die ooie is verkoop teen onderskeidelik R31 000 en R28 000

Leoni Kruger
Jaco van der Merwe, bekende in die boerbokbedryf, het Saterdag 14 Mei ‘n Kalahari Red-uitverkoping in Pretoria gehou en volgens afslaer Corne du Plessis het dié veiling al sy verwagtinge oortref. Wholesale Afslaers het die veiling aangebied.
‘n Totaal van 218 bokke is onder Du Plessis se hamer opgeveil, waaronder verskeie daarvan skoukampioene was.
Volgens Du Plessis is Jaco ‘n man wat diep spore getrap het in die Kalahari Red boerbokbedryf en sy uittrede laat ‘n groot leemte in die bedryf.
“Jaco het oor die jare verskeie kampioene geteel en pryse verower. Hy was onder andere ‘n paar keer aangewys as Teler van Kampioene. Hy was vir vier jaar op die bestuur en in 2015 die voorsitter van die Kalahari Red Klub.
Kopers van heinde en verre het die veiling ondersteun en hulle het spreekwoordelik tot die laaste lot gebie – ten spyte van die koue. Almal was net dankbaar oor die wonderlike reën wat uitgesak het.
Veertien van Jaco se top skouooie is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R16 785.71. Een van sy beste ooie, nommer 10165, lot 105, is verkoop vir R31 000 aan Douw en Antoinette Dry van Kilifi Creek.
Jaco, sy vrou Rachelle, asook Wholesome Afslaers bedank almal vir hulle ondersteuning.
Die totale omset van die veiling was R958 800.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.