KANSA-bedrywighede

1-cansa-care

LEPHALALE — Lede van KANSA Lephalale het op 6 Desember vir die motorwagte by Lephalale Mall, SPAR en die Lephalale Square sonroom uitgedeel waar hul elke dag motors oppas in die bloedige bosveldson.
Riana Bronkhorst van KANSA sê hulle het dit met dankbaarheid ontvang en dadelik daarvan aangespuit.
KANSA se “Jail & Bail” behels dat sekere mense vanuit die gemeenskap deur KANSA “gearresteer” word en dan “borg” moet betaal om vrygelaat te word. Die borggeld is ter fondsinsameling vir KANSA. Astrid Basson en Danie en Mariska Joubert het reeds hul “skuld” met trots betaal – Riana Bronkhorst sê hulle wag vir die ander wat reeds weer op vrye voet is…

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.