KANSA help in opsporing

Volgens KANSA is velkanker die mees algemene kanker in Suid-Afrika met ongeveer 20 000 nuwe gevalle en 700 sterftes wat jaarliks aangemeld word. Suid-Afrika het een van die hoogste voorkomssyfer van Maligne Melanoom in die wêreld.
KANSA Waterberg bied vanjaar weer die ‘FotoFinder’-siftingstoetse in Lephalale aan. Die ‘FotoFinder’-dermoskoop is die nuutste opsporingstegnologie vir velkanker, dit spoor spesifiek die melanosiete op wat teenwoordig is in ‘n Melanoom. Die stelsel koppel digitale dermatologiese moesie-beelde outomaties met ‘n oorsigtiglike beeld wat die identifikasie en opsporing van kankerletsels moontlik maak.
Die ‘FotoFinder’-dermoskoop bestaan uit ‘n mobiele eenheid wat ‘n hoogs sensitiewe kamera en rekenaar bevat. ‘n Opgeleide verpleegkundige doen die siftingstoetse en indien die uitslag ‘n hoë risiko vir ‘n Melanoom uitwys, sal die persoon verwys word na ‘n medikus.
Kostes vir so ‘n siftingsondersoek is R120 per kliënt vir 1 – 3 moesies en die opname en prosedure neem 15 minute. Vir meer moesies sal die bedrag opskuif na R140.
Wilna van den Heever van KANSA Waterberg sal op Woensdag 23 Februarie en Donderdag 24 Februarie vanaf 09:00 tot 16:00 by ELLISRAS APTEEK beskikbaar wees. Afsprake kan vooraf gemaak word by Marika van Zyl by 082 824 6286.
Besprekings is uiters noodsaaklik.
Sr. Wilna van den Heever vanaf Modimolle (KANSA Waterberg), wat verantwoordelik is vir die toetse, kan geskakel word by 082 493 1884.
(L.W. hierdie toets is vir moesies, nie velvlekke nie).

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.